That's my type

The type of things worth typing about

Archive for the tag “Francois Bloemhof”

Die biblioteek bestaan nog

Die afgelope week het ek besluit dit is tyd dat ek weer drasties aan die lees kom. Hoe kan ek self ‘n skrywer wil word as ek nie kundig word oor die wereld van skryf nie? Ek het toe my Biblioteekkaart gaan hernu en dadelik 4 boeke uitgeneem. Aangesien Wilna Adriaanse my tutor is vir my skryfkunde kursus het ek besluit om nog een van haar boeke onder die oog te bring. Verder is ek skaam om te admit dat ek nog nie Andre P Brink se Kennis van die aand gelees het nie, so hy is ook nou tydelik op my rak. Niel se suster het vir my vertel van Susters van Eva deur Dalene Matthee, so dit was toe ook in my bib sakkie. Die boek wat ek toe wel teen die einde van die week voltooi het, is Harde Woorde deur Francois Bloemhof.

Van die begin af kon ek nie die boek neersit nie. Daar is iets aan die manier wat Bloemhof skryf wat ‘n mens aangryp. Dis eenvoudig maar tog stylvol. Dit is persoonlik, maar nie te persoonlik nie. Vir ‘n hele tydjie wonder ek nou al watter genre die beste by my skryfstyl sal pas, en deur die lees van die boek het dit net vir my begin sin maak.

Bloemhof se skryfstyl is vir my witty, dis uitdagend. Die karakters is baie goed afgerond, en ek is mal oor die feit dat die leser deurgans verskillende psiges kan betree, en so met ‘n ander oog na die werkinge van samelewing kan kyk. Die perspektiewe van die verskillende karakters was vir my geloofwaardig, dit het nie gevoel of hy net die minder belangrike karakters afgejaag het nie. Enige boek wat my hardop geluide laat maak, hetsy ek skrik, huil of lag- doen vir my iets reg.

Ekt ‘n hele paar jaar terug Klipgooi van Bloemhof gelees, en dit het my net so aangenaam verras. My volgende trip biblioteek toe sal beslis nog een van sy boeke insluit. Volgende is Susters van Eva deur Dalene Matthee.

Post Navigation